Seevolke is ’n term wat gebruik word om ’n konfederasie van seevarende nasies te beskryf wat moontlik in óf Wes-Anatolië óf Suid-Europa ontstaan het, in besonder die streek om die Egeïese See.[1] Hulle het in die oostelike deel van die Middellandse See rondgevaar en Anatolië, Sirië, Kanaän, Siprus en Antieke Egipte aan die einde van die Bronstydperk binnegeval.[2]
| |||||||||
"van die see" in die Groot Karnak-inskripsie verwys na die Ekwesj, Sjekelesj en Sjerden (n3 ḫ3s.wt n<.t> p3 ym) in hiërogliewe |
---|
Die term word deur moderne geleerdes gebruik om te verwys na nege groepe volke, hoewel die beskrywing "van die see" (Egipties: n3 ḫ3s.wt n<.t> p3 ym)[3] in ’n historiese verband net verwys na drie: die Ekwesj, Sjekelesj en Sjerden.[4] Die identiteit van die Seevolke is steeds onduidelik en moderne geleerdes het net stukke van antieke dokumente en argeologiese ontledings om hulle te lei.
Die term peuples de la mer is in 1855 die eerste keer gebruik deur die Franse Egiptoloog Emmanuel de Rougé.[5]
Die nege groepe wat beskou word as moontlike Seevolke is, in alfabetiese volgorde, die:
Daar is geen bewyse van die migrasie van hele volke in enige dokumente van dié tyd nie, maar geleerdes glo aan verskeie vertolkings van ’n "migrasiehipotese".[6] Die meeste geleerdes glo die Seevolke het Siprus, die Hetitiese Koninkryk en die Levant binnegeval.
|
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search